Die minister van Samewerkende Regering, die President en die Coronavirusbevelsraad het hulle magte misbruik met betrekking tot die omstrede tabakverbod

Die Kaapstadse Hooggeregshof het gister beslis dat die minister van Samewerkende Regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, die President en die Coronavirusbevelsraad hulle magte misbruik het met betrekking tot die omstrede tabakverbod vroeër vanjaar en dat haar weergawe oor die gesondheidsaspekte die hof nie oortuig het nie. British American Tobacco SA sê sy mening dat die tabakverbod ongrondwetlik en onregverdig is, het die maatskappy blootgestel aan kritiek. Die verbod, wat maande lank geduur het, is kort nadat uitspraak in die saak voorbehou is, opgehef. Die saak is alreeds in Augustus deur ‘n volbank regters aangehoor.

Luister na potgooie hieronder