Die minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, het haar stem bygevoeg by diegene wat jammer is oor Comair se besluit om hul vlugte moontlik vir altyd te staak. Die lugdiens het gister aangekondig dat sy sakereddingspraktisyns nie meer glo dat daar ’n redelike vooruitsig is dat die maatskappy gered kan word nie. Comair, wat British Airways en Kulula bedryf, het meer as twee jaar gelede met sakeredding begin. Die ministerie van Toerisme sê dat Comair-vlugte 40 persent van die land se lugvaartmark verteenwoordig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×