Die Minister van Toerisme sê die toerismebedryf sal heeltemal ten gronde gaan as nog ‘n streng inperking ingestel word

Die Minister van Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane sê die toerismebedryf sal heeltemal ten gronde gaan as nog ‘n streng inperking ingestel word om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Sy het by ‘n veldtog om binnelandse toerisme in die Noord-Kaap te bevorder, gesê die ontdekking van die nuwe 501Y.V2 variant in Suid-Afrika aan die einde van verlede jaar, het buitelande toerisme na die land ‘n verdere knou gegee.

Volgens Kubayi-Ngubane gaan dit lank neem voordat buitelandse besoekers weer na die land sal stroom.

Sy sê alles moet nou gedoen word om binnelandse toerisme ‘n hupstoot te gee.

Luister na potgooie hieronder