Die minister van Vervoer, Lydia Chikunga en twee van haar lyfwagte  is Maandag op die N3-hoofweg tussen Vosloorus en Heidelberg beroof. Netwerk 24 berig ‘n bende gewapende rowers het die drie van hul persoonlike besittings beroof asook die twee polisiemanne se dienswapens. Brigadier Athlenda Mathe, nasionale woordvoerder van die polisie het gesê die lyfwagte was besig om die minister se ampsmotor se pap band om te ruil toe die rowers toegeslaan het. Mathe het gesê ‘n voorval van die aard vind nie sommer plaas nie. Die polisie is besig met ‘n verskerpte soektog na die rowers. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×