Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het misluk in sy poging om te appelleer teen ‘n uitspraak deur die Oos-Kaapse Hooggeregshof wat hom beveel het om die veiligheid van die langafstandbusmaatskappy, Intercape, te verseker.
Mbalula is beveel om ‘n plan te implementeer om die veiligheid en sekuriteit van passasiers en bestuurders te verseker.
Intercape het die howe genader ná verskeie aanvalle op sy busse.
Die DA se Ricardo Mackenzie, het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om Mbalula as ‘n minister van Vervoer te vervang.
Mbalula gaan egter noodgedwonge vervang moet word omdat hy onlangs as die ANC se sekretaris-generaal verkies is.
Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika is een van die entiteite wat ‘n ernstige beroep op die president doen om ‘n baie sterk kandidaat in dié portefeulje aan te stel om die land se vervoerkrisisse dringend die hoof te bied.