’n Skokkende 25 moorde, 42 pogings tot moord, net onder die 200 verkragtings en amper 600 aanrandings met die doel om ernstig te beseer is binne net ses maande het by skole regoor die land plaas gevind.

News24 berig van die amper 200 verkragtings het 13 by dagsorgsentrums en kleuterskole en 11 by spesiale skole plaasgevind. Minstens 100 van die leerlinge is deur ander leerlinge verkrag terwyl onderwysers in 12 gevalle die oortreders was.

Volgens die Beheerliggaam Stigting se nasionale uitvoerende hoof, Athea Cereseto, is dit is verskrik dat skole in Suid-Afrika duidelik nie veilig is nie. Sy voeg by dat die voorvalle in dagsorgsentrums en in spesiale skole, selfs meer kommerwekkend is aangesien hulle die kwesbaarste kinders is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×