Die uMkhonto we Sizwe, of MK-party, gaan in die kieshof appelleer teen die OVK se besluit om oudpres Jacob Zuma van die party se kandidate lys te verwyder. Zuma kwalifiseer nie om weer parlement toe te gaan nie omdat hy in 2021 gevonnis is vir minagting van die hof en tronkstraf opgelê is. Die saak sal Dinsdag aangehoor word.

Die OVK het talle klagtes ontvang omdat Zuma se naam op die kandidatelys was. Netwerk 24 berig die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, het gesê die OVK is nie ‘n hof of ‘n wet nie en dat die mense van die land sal bepaal wie die volgende president word. 

INTUSSEN, is die MK-party oortuig die ongeluk waarin Zuma Donderdagaand betrokke was, as ‘n aanslag op sy lewe beskou kan word. ‘n Motor het glo reg van voor teen die voertuig gebots waarin Zuma was. Verskeie voertuie het in ‘n konvooi beweeg oppad vanaf Eshowe na Nkandla.

Die polisie het bevestig ‘n 51-jarige man is vir dronk- en roekelose bestuur in hegtenis geneem. Musa Mkhize, ‘n MK-lid en hoof van die partry se verkiesingsveldtog in KwaZulu-Natal, sê die oud-president is steeds erg geskok en is tans in ‘n baie veilige hawe. Mkhize het gesê die party is baie bekommerd oor Zuma se veiligheid en dat die party verwag het dat so iets kan gebeur. Sy lewe is glo in gevaar omdat hy die MK-party steun.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×