Die MK-party het sy hofsaak laat vaar om die onlangse verkiesing se uitslag as onwettig te verklaar. Dít nadat die party weke lank beweer het dat die verkiesing bedrog is en dat dit van ʼn oorwinning beroof is.
Die party se prokureurs het luidens berugte gister aan die Verkiesingshof geskryf en hom in kennis gestel dat hulle nie meer die uitkomste van die 2024-verkiesing sal betwis nie. Die party het nie redes vir die onttrekking uiteengesit nie.