Die MK-party het die spreekwoordelike mes vir Helen Zille in, omdat sy glo ‘n idioom gebruik het wat volgens die party op haatspraak neerkom. Die uMkhonto weSizwe-party oorweeg nou strafregtelike stappe Zille, voorsitter van die DA-federaleraad, nadat sy gesê het die DA sal nie toelaat dat KwaZulu-Natal “vir die honde gegooi word” nie.
Michael Bongani Cele, van die MK-party, sê aan Netwerk24 Zille se woorde is neerhalend, en dat sy MK- en EFF-lede met honde vergelyk. Helen Zille verduidelik dit is ‘n standaard-idioom, en dat sy in géén stadium probeer het om enige politieke party met honde te vergelyk nie. Lede van die MK-party het gister hieroor in Durban betoog.