Die MK-party sê hy is gereed om bewyse te verskaf van stemknoeiery wat in die onlangse verkiesings plaasgevind het. Die party beweer sedert einde Mei daar was wydlopende onreëlmatighede met die algemene verkiesing sonder om enige bewyse te verskaf.
Die party het egter gister ‘n verklaring uitgereik waarin gesê word dat hy van plan is om ‘n aansoek by die Konstitusionele Hof te bring om die eerste sitting van die parlement te verbied. Die party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhela, sê hul hofstukke het bewyse wat verduidelik waarom die sitting uitgestel moet word.