Oudpresident Jacob Zuma se MK-party het die rol van amptelike opposisie by die DA oorgeneem.
Dit is luidens Maroela Media, wat berig die Nasionale Vergadering (NV) se reëlskomitee het besluit om die MK-party as die amptelike opposisie in die parlement te erken. Volgens woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, maak die Grondwet voorsiening vir die erkenning van die “leier van die opposisie”.
Mothapo sê verder volgens tradisie beklee die leier van die politieke party met die tweede grootste getal setels in die NV die posisie van leier van die opposisie.
Die DA, wat die tweede meeste setels in die NV ontvang het, is egter nou deel van die regering van nasionale eenheid, maar die MK-party nie.