Die uMkhonto we Siswe – of MK-party – mag aan vanjaar se verkiesing op 29 Mei deelneem. Dit volg na ‘n uitspraak Dinsdagoggend in die hooggeregshof in Johannesburg ten gunste van dié nuwe party. Met met oudpres Jacob Zuma aan die stuur, is dit besig om groot steun te werf.
Regter Lebogang Madiba en regter Leicester Adams het bevind die party se registrasie vir die verkiesing is regmatig. Modiba het in sy uitspraak gesê die ANC het net homself te blameer omdat hy twee geleenthede gehad het om appél teen die MK-party se registrasie by die OVK aan te teken.
LEES MEER: Kieshof stel sy beslissing oor MK-party uit
Die uitspraak volg na die aansoek van die ANC in die kieshof om die MK-party se registrasie onregmatig en nietig te laat verklaar. Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal, sal vanmiddag tydens ‘n perskonferensie in Johannesburg sy mening oor die uitspraak gee.
1 Comment
Comments are closed.