Die MK-party sê daar is niks fout met oudpresident Jacob Zuma se gesondheid nie en dat sy verstand veel helderder is as dié van pres Joe Biden van Amerika. Dit volg na berigte dat daar kommer oor Zuma se gesondheid bestaan nadat hy onlangs geval het.
Die woordvoerder van die MK-party, Nhlamulo Ndhlela, het aan Netwerk 24 gesê die party is eerder bekommerd oor bedreigings vir Zuma se veiligheid as oor sy gesondheid.
Ndhlela sê Zuma, wat onlangs 82-jaar ou geword het, rus tans omdat ‘n strawwe tyd met verkiesingsveldtogte voorlê.