Om verkwisting te vermy, sal die reis- en verblyfreëlings van die MK-party se LP’s gekanselleer word, indien hulle nié van voorneme is om die eerste sitting van die Nasionale Vergadering by te woon nie. Netwerk24 berig die MK-party het vroeër vandag aangedui dat hy die konstitusionele gaan nader vir ‘n interdik, teen die eerste parlementsitting.
Die MK-party beweer daar was verkiesingsknoeiery, wat die party tot nadeel strek. Hoofregter Raymond Zondo, sal na verwagting binnekort die datum van die eerste sitting bekend maak. Tensy die verkiesingsuitslag, ingevolge artikel 49 van die Grondwet tersyde gestel word, is die parlement verplig om te verseker dat sittings plaasvind.