’n Voormalige senior partybeampte van die uMkhonto weSizwe (MK)-party het ’n saak van bedrog teen die party geopen. Die amptenaar beweer dat die party handtekeninge vervals het om vir die komende verkiesings te kwalifiseer. Die voormalige amptenaar beweer dat van die name uit databasisse van werksoekers en begrafnisverenigings verkry is.
Die MK-party het onlangs vyf hooggeplaaste lede geskors omdat hulle na bewering probeer het om die party te destabiliseer. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hy het nie die handtekeninge op party-ondersteunerslyste geverifieer nie.