Inwoners wat nie hul voorafbetaalde water-koopbewys tydens die identifikasie-oorrolproses kon laai nie, word gevra om die volgende inligting aan die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) vir ‘n vervangings-koopbewys te stuur.

Die inligting sluit jou kontaknommer, kwitansie met die koopbewysnommer, die bedrag sowel as die voorafbetaalde watermeternommer in.

Volgens die MMM se hoofbestuurder van kommuniskasie, Qondile Khedama, sal die verifikasieproses vyf dae neem vanaf die datum waarop al die nodige inligting ontvang is. Die finale datum vir vervangings van die koopbewyse is vanjaar 20 Desember, en geen vervanging sal daarna oorweeg word nie.

Inligting kan na die MMM se WhatsApp nommer gestuur word: 065 586 6261

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×