Die Momentum-groep sê miljarde rande is sedert die implementering van die tweepot-aftreestelsel uit aftreefondse onttrek.
Momentum sê hulle het byna 150-duisend onttrekkingsaansoeke ter waarde van R2,5-miljard rand ontvang.
Die groep het bygevoeg dat sy korporatiewe en kleinhandelspaarbesighede goed voorbereid was om die tweepot-aftreestelsel te implementeer en onttrekkings vanaf die eerste werksdag kan verwerk en betaal.