Die moordenaar van die 62-jarige boer, Lance Da Silva, is in die Rouxville-landdroshof gevonnis.

Mahlomola Kareli, polisie woordvoerder het in ‘n media-verklaring gesê dat die beskuldigde ‘n vonnis van 10 jaar gevangenisstraf vir strafbare manslag, 14 jaar direkte gevangenisstraf vir roof asook drie jaar vir die besit van ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie opgelê is.

Armand Opperman, wat saam met die oorlede op die plaas gewoon het, het op die vlug geslaan nadat Da Silva se liggaam op die plaas gevind is. Hy is die volgende dag in Gqeberha in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly tot sy verhoor.

error: Inhoud is beskerm !!