Die polisie in die Vrystaat sal moet sê waarom daar skynbaar niks gedoen is om Rudi Gericke, die verdagte in die moord op die 28-jarige Evan Sorour te ondersoek
nie.
Na bewering was Gericke voorheen by verskeie gewelddadige voorvalle betrokke.
Volksblad berig Jurg Kruger, ‘n forensiese ondersoeker, wil weet waarom Gericke nooit deur die polisie vir die beweerde voorvalle ondersoek is, of sy vuurwapens van hom af weggeneem is nie.
Evan, ‘n Ficksburgse boer, het sy pa, Reuter, per motorfiets te hulp gesnel toe Gericke Sondag na ‘n onderonsie oor vee, Reuter glo aangeval het.
Gericke het Evan na berwering vyf keer geskiet. Evan het Gericke gedurende die voorval in die heup geskiet.
Evan is op pad hospitaal toe dood.
Gericke is steeds onder polisiebewaking in die hoësorgeenheid van ‘n Bethlehemse hospitaal.
Die moordondersoek teen hom duur voort.