Die moordverhoor van die 59-jarige Linda van den Heever van Welkom, begin vandag in die rondgaande hof op die dorp. Linda staan tereg weens die 2021-skietdood van haar eksman, die 64-jarige André van den Heever.
Die oorledene was ‘n gesiene prokureur in die Welkom-gemeenskap, en het in sy huis-kantoor, ná ’n skietaanval, aan sy wonde beswyk. Linda en André is luidens Volksblad jare reeds geskei, maar het steeds saam gewoon in die huis waaruit André ook sy prokureursfirma bedryf het.
Linda staan op aanklagte van moord, asook twee vuurwapen-verwante oortredings tereg.