Mosambiek se grondwetlike raad sal vandag aankondig of hulle die uitslag van verkiesings wat die land in dodelike onrus gedompel het, sal bekragtig.

Primedia berig opposisieleier Venancio Mondlane, het gedreig dat daar chaos en opstand, op ‘n skaal wat nog nooit gesien is nie sal wees, as die vorige resultate bekragtig word. Mondlane sê die uitslag is bedrog en dat hy 53 persent van die stemme gekry het.

Verskeie internasionale waarnemersendings het ook gesê dat daar ongerymdhede was. Volgens die resultate het hy tweede in die stemming op 9 Oktober, agter die regerende Frelimo-partykandidaat, gekom.

Meer as twee maande van politieke onrus het volgens die nie-regeringsgroep Plataforma Decide minstens 130 dood gelaat.  Mondlane skuil hy tans in die buiteland aangesien hy vir sy veiligheid vrees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×