Die Wisconsin-polisie, in die Verenigde State, is besig met ‘n ondersoek oor hoekom ‘n 15-jarige meisie ‘n medestudent en ‘n onderwyser, by ‘n privaat Christelike skool in Madison, dood geskiet het.  Die meisie het na die vooral haar eie lewe geneem.

SABC News berig die polisie het onderhoude met vriende en familie gevoer en het ook haar aanlyn-teenwoordigheid deurgegaan om die motief agter die aanval op te spoor.

Volgens die Madison-polisiehoof, Shon Barnes, is vroue en meisies baie minder geneig om deel van skoolskied- en massaskiedvoorvalle te wees as mans.  Onder die 2 610 voorvalle sedert 1966 wat deur die K-12 Skoolskietdatabasis opgespoor is, is vroulike verdagtes vir slegs 107 verantwoordelik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×