Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het by talle politieke partye en organisasies aangesluit om sy tevredenheid uit te spreek oor die aankondiging van die nuwe kabinet. Die kommissie sê menseregte behoort die belangrikste fokus van die kabinet te wees. Suid-Afrika het steeds te doen met wydverspreide ongelykheid.
Dit het veral ʼn impak op die lewens van die mees kwesbare mense en behoeftiges in die land. Die MRK het gister in ʼn verklaring gesê die nuwe kabinet gaan die talle uitdagings rakende menseregte moet oorkom en sal vinnig moet optree.