Die VF Plus se LPW in die Vrystaat, Armand Cloete, het gesê die multidissiplinêre komitee van die polisie wat kabeldiefstal en vandalisme in die Vrystaat moet ondersoek en hanteer is ondoeltreffend. Die party sê dit is duidelik dat die komitee grootliks misluk as daar in ag geneem word hoeveel voortdurende kabeldiefstal die laaste tyd in die provinsie, veral in dorpe soos Bloemfontein, Welkom, Odendaalsrus en Steynsrus was. Die VF Plus sê munisipaliteite in die provinsie het gereeld te kampe met kabeldiefstal en vandalisme en dit het elektrisiteitsonderbrekings aanvullend tot beurtkrag tot gevolg. Dit het ʼn reuse impak op die sosio-ekonomiese welstand van die provinsie.