Die burgerregterorganisasie AfriForum dring daarop aan dat ’n mynbouaansoek om steenkool digby die Krugerwildtuin in Mpumalanga te ontgin, herroep moet word.

’n Omgewingsimpakstudie wat onlangs hiervoor ingedien is, is volgens AfriForum ’n rampspoedige mislukking wat in alle opsigte aan die voorvereistes van so ʼn studie misluk.

Die hoof van Omgewingsake by AfriForum, Lambert de Klerk, beklemtoon dat die aansoek ’n powere vertoning van regulatoriese nalatigheid is, en sê die aansoek moet om hierdie rede in sy geheel herroep word.

LUISTER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×