Die mynwerkersvakbond N.U.M, wat die meeste Eskom-werkers verteenwoordig, vra vir die opskorting van ‘n klimaatsfinansieringsverdrag van 8,5 miljard dollar met van die wêreld se rykste nasies.

Suid-Afrika het as deel van die Just Energy Transition Partnership ingestem om te begin wegbeweeg van die opwekking van elektrisiteit uit steenkool.

Dit sal moontlik gemaak word deur finansiering van Duitsland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk, die VSA en die Europese Unie.

Dit het grootliks gelei tot die sluiting van die Komati-steenkoolkragstasie, met meer sluitings wat in die toekoms na verwagting kan volg.

Die N.U.M is bekommerd oor die bedreiging wat dit vir poste by Eskom inhou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×