Motoriste word aangeraai om sekere roetes in die provinsie te vermy na hewige reën die afgelope twee dae. Volgens ‘n verklaring van die Vrystaatse regering se kommunikasiedienste, is die N1 langs Kroonstad tans oorspoel asook die R34 tussen Welkom en Kroonstad.
Motoriste word gevra om van alternatiewe roetes gebruik te maak. Mense wat vanaf Bloemfontein na Gauteng wil reis, word gevra om die R30 na Allanridge en Bothaville te gebruik, dan die R721 na Vredefort en Parys om by die N1 aan te sluit. Motoriste word ook gevra om geduldig op die nat paaie te wees en die padverkeersreëls na te kom.