Een persoon is vroeër vanoggend ernstig beseer in ‘n vragmotor-botsing op die N1-snelweg aan Bloemfontein se noordekant. Die vragmotors wat in die botsing betrokke was, versper steeds die pad.

Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earl, sê aan netwerk24 die N1 tussen die Kenneth Kaundarylaan-afrit en die Nelson Mandelarylaan-afrit is in ‘n suidelike rigting vir verkeer gesluit. Verkeer word deur die stad herlei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×