Die N3-tolroete vanaf Estcourt in KwaZulu-Natal tot by Harrismith in die Vrystaat, bly weens swaar sneeuvalle gesluit. Nat weerstoestande, gevaarlike rytoestande en swak sig word langs die hele roete vanaf KwaZulu-Natal na Gauteng deur Arrive Alive berig. Menigde gestrande padgebruikers en verskeie ongelukke of ander noodgevalle is aangemeld. Die N3TC-roetebeheersentrum (RCC) word tans oorval met oproepe, en rampbestuurspanne en alle ander nooddienshulpbronne bly onder geweldige druk. RCC doen ‘n beroep op reisigers dat hulle die areas asseblief moet vermy tot verdere kennisgewing.

error: Inhoud is beskerm !!