Die Vrystaatse Departement van Gesondheid se forensiese patologiedienste het alle nadoodse ondersoeke wat verband hou met die berugte N6-ongeluk suksesvol afgehandel.
Die ongeluk op die N6 tussen ’n bus en ’n vragmotor op 5 Maart het 10 lewens geëis, en waarin nog 27 mense beseer was.
LEES MEER: Creecy besoek laaste twee pasiënte na die N6-ongeluk.
Volgens die departement se nuutste kennisgewing het drie liggame aansienlike skade opgedoen en is onherkenbaar.
Die oorskot is veilig na Bloemfontein vervoer om gebêre te word. In samewerking met Prasa is reëlings getref dat gesinne hul geliefdes kan identifiseer, met vervoer per bus.
Hierdie opdatering volg op minister Barbara Creecy se besoek, saam met LUR van Gesondheid in die Vrystaat, Monyatso Viceroy Mahlatsi, aan die twee oorblywende pasiënte wat in die Trauma-eenheid van die Pelonomi Tersiêre Hospitaal aansterk.
Die minister het Maandag besoek afgelê om hul toestand na te gaan en wense vir ’n vinnige herstel oor te dra.