Die groot oomblik het aangebreek en al moes deelnemers ‘n bietjie langer wag om te hoor of hul naam op die kortlys is, gaan twee Bloemfonteinse Pick n Pay klante vanaand skuins na ses elk met ‘n splinternuwe motor spog.

Die Jaarlikse Carols with the Stars, aangebied deur Pick n Pay Preller Walk en Pick n Pay Reizis Square, waartydens die gelukstrekking vir die motors by Willem Postma Laerskool sou plaasvind, moes Vrydagaand afgestel word weens gietende reën.

Die finaliste se name is egter vanoggend om tien getrek en die finale trekking vir die twee motors vind vanaand om ses by Preller Walk plaas.

Die trekking sal ook regstreeks op Rosestad 100.6FM uitgesaai word en sal ook op Facebook Live te sien wees …

En die finaliste is . . . van Pick n Pay Preller Walk is dit Pule Ramatlakana, Mecheline Iannone, Helen Botha, Janetta Coetzer en Pieter Klindt.

Pick n Pay Reizis Square se finaliste is Hillary Matthyzer, Bryce Ferreira, Linda Luyt, Johannah Machubela en Dumisani Tau.

Vanjaar se geleentheid is in trotse samewerking met Rosestad 100.6FM en Sentraal24 aangebied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×