Die nasionale Covid-19 bevelsraad vergader tans met die departement van Basiese Onderwys oor die heropening van skole

 Die nasionale Covid-19 bevelsraad vergader tans met die departement van Basiese Onderwys oor die heropening van skole

Die nasionale Covid-19 bevelsraad vergader tans met die departement van Basiese Onderwys oor die heropening van skole.
Die departement het samesprekings gevoer met verskeie rolspelers oor versoeke dat skole nie op 27 Januarie heropen nie.
Daar is uit verskeie oorde gevra vir ‘n uitstel van twee weke.
Terwyl die departement aanbeveel het dat skole wel op die 27ste heropen, is die Wêreldgesondheidsorganisasie en plaaslike wetenskaplikes van mening dat dit uitgestel moet word.
Na wat verneem word, word 15 Februarie voorgestel as die datum om staatskole weer te laat heropen.

LeandreAdmin@