Die Nasionale Departement van Gesondheid het 114 COVID-19-verwante sterftes aangemeld en van hierdie sterftes het drie in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind. Die kumulatiewe COVID-19-sterftes is tot dusver 100-duisend-744. Die departement sê dat Noordwes 92 terugwerkende sterftes as gevolg van die skoonmaak van data aangemeld het en die Vrystaat het 11 terugwerkende sterftes aangemeld. Sommige van die terugwerkende sterftes is eers onlangs saamgesmelt met die kumulatiewe gevalle-lys, as gevolg van verkeerde name en vanne wat op die DATCOV-stelsel vasgelê is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×