Die nasionale Departement van Gesondheid het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om enige newe-effekte van die COVID-19-inenting aan te meld nadat hulle hul inentings ontvang het. Dit volg nadat ‘n videogreep op sosiale media versprei het, waarin ‘n man sê hy het keelkanker gekry na hy sy inenting ontvang het.

Die Departement sê alle nadelige gebeurtenisse na immunisering word ernstig opgeneem, en toepaslike stappe kan slegs geneem word indien dit aangemeld word.

Departementele woordvoerder, Foster Mohale, sê alle provinsies en distrikte het personeel toegewys om ernstige en nadelige gebeurtenisse na immunisering te ondersoek en te hanteer.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×