Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) sal ‘n R49-miljard begroting in die 2022/2023 boekjaar kry.

Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie, doktor Blade Nzimande, sê die toekenning bevestig die regering se verbintenis om studente uit arm en werkersklas-agtergronde finansieel te ondersteun.

Nzimande sê die Nasionale Vaardigheidsfonds sal ook begrotingsondersteuning verskaf vir beurse, en beurse vir die 2022/23-boekjaar ten bedrae van R866-miljoen toeken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×