Luidens ‘n ondersoekverslag is daar skynbaar inmenging met tenderprosesse en botsende belange met die maatskappye wat aangestel is om R47 miljoen van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente te versprei.

Die skema se hoof, Andile Nongogo, wat verantwoordelik is vir die aanwysing van die betalingsdiensverskaffers, het gister gehoor hy het tot Maandag om aan die skema se raad te motiveer waarom hy nie afgedank moet word nie.

Die land se kampusse en stede word gereeld weens ongelukkigheid met die skema deur studentebetogings geteister.

Die skema se raad het gesê hy sal geen ongerymdhede duld nie, en sal daadwerklik optree om te sorg sake by die skema verloop voortaan vlot.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×