Alhoewel die Nasionale Gesondheids-laboratoriumdiens, of die NHLS, volhou daar is geen tekort aan teengif vir slangbyte nie, het 27 kenners op die gebied van slangbytbehandelings vir die minister van gesondheid, Joe Phaahla, gevra om dringend tydens die krisis in te gryp en te verhoed dat pasiente sonder behandeling sit. Slangbyte kom deesdae al hoe meer voor. Die NHLS het aan Netwerk 24 gesê die agterstand met die verskaffing van teengif behoort binne ‘n maand verminder te word. Die NHLS het gesê voortdurende kragonderbrekings het steeds ‘n aansienlike uitwerking op produksie. Veeartse sukkel ook tans om teengif in die hande te kry. Die 27 kenners vra in ‘n brief dat produksie van teengif uitgekontrakteer word na elders in die land. Hulle het gesê daar is ‘n ernstige gevaar van sterftes van die swart- en groenmamba asook die Kaapse kobra

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×