Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, of Nios, het met die heropening van skole gesê medici moet waaksaam wees vir maselsuitbrekings in skole waar inentingskoerse laag is.

Ouers en versorgers word ook gevra dat hulle hul kinders teen masels laat inent.

Kinders wat nie ingeënt is nie, kan van enige ouderdom bo ses maande by ‘n primêregesondheidsorgdiens ingeënt word.

Sedert begin Oktober verlede jaar en Januarie vanjaar, is 3 326 monsters getoets, waarvan 11% positief was.

Die gevalle is in vyf provinsies opgespoor.

Limpopo: 145, Mpumalanga: 79, Noordwes: 124, Gauteng: 18 en 15 gevalle in die Vrystaat.

Komplikasies van masels sluit in longontsteking, diarree, dehidrasie, enkefalitis en blindheid, en kan ook tot dood lei.

Masels-entstowwe word gereeld op die ouderdom van ses en 12 maande gegee.

Dit is nooit te laat om teen masels ingeënt te word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×