Kenners by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, of NIOS, doen ‘n beroep op die regering om die COVID-19-regulasies weer in te stel om die verspreiding van aap-pokke te beheer. Professor Cheryl Cohen van NIOS het Donderdag gesê dit sal die staat help om die virus op te spoor en enige sterftes te vermy. Dit kom nadat die minister van Gesondheid, dokter Joe Phaahla, aangekondig het dat die eerste geval van aap-pokke in Suid-Afrika aangemeld is. Aap-pokke het ‘n lae koers van sterftes en oordragte, maar NIOS voel dat COVID-19-regulasies moet terugkeer sodat die regering kan verseker dat dit nie buite beheer versprei nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×