Die Nasionale Mynwerkers-unie van Suid-Afrika, het besluit om politieke standpunt in te neem in aanlop tot aanstaande week se nasionale verkiesing. Die hoofsekretaris, Irvin Jim, sê gegewe die verslegtende sosio-ekonomiese omstandighede van die werkersklas, wil die vakbond leiding aan kiesers gee oor hulle stemkeuse.

Die vakbond raai sy lede af om hulle steun te gee aan enige regse partye – wat volgens die Mynwerkers-unie, die regte van werkers misken. Aldus Jim moet lede hulle ook liefs daarvan weerhou, om vir individuele kandidate te stem, of vir partye wat xenofobie en rassisme voorstaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×