Die nasionale raad van drankhandelaars sê die kuierplek in Ga-Rankuwa in Pretoria waar twee mense doodgeskiet en sewe gewond is, is ‘n onwettige sjebien en nie ‘n taverne nie. Die skietvoorval het gisternag laat buite die drinkplek Twins plaasgevind toe ‘n groep aanvallers op mense losgebrand het. Die sameroeper van die raad. Lucky Ntimane, sê die plek het nie ‘n dranklisensie gehad nie en is reeds ‘n vorige keer gesluit weens onwettige drankhandel. Die polisie ondersoek die motief vir die skietery.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×