Die Nasionale Raad vir Drankhandel waarsku dat sommige van sy lede die verbod op alkoholverkope mag ignoreer

Die Nasionale Raad vir Drankhandel waarsku dat sommige van sy lede dit oorweeg om die jongste verbod op alkoholverkope, te ignoreer.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa weereens ‘n alkoholverbod ingestel het weens die toename in Covid-19 gevalle.

In sy toespraak Sondagaand het president Cyril Ramaphosa gesê die besluit om drank te verbied is geneem om verdere verspreiding van die virus te verhoed, veral tydens sosiale geleenthede.

Volgens Lucky Ntimane, die Raad se sameroeper, is die verbod onredelik en gaan weer ‘n hewige uitwerking hê op mense
se verdienste.

Hy sê dié keer gaan hulle dié besluit nie daar laat nie.

Luister na potgooie hieronder