Die Nasionale Tesourie het die publiek verseker dat daar geld beskikbaar sal wees om coronavirusentstowwe te bekom

Die Nasionale Tesourie het die publiek verseker dat daar geld beskikbaar sal wees om coronavirus-entstowwe te bekom.
Dit volg op bewerings deur die DA en ander dat die Tesourie die verkryging van entstowwe vertraag.
Die aankoop van entstowwe sal na raming R20 miljard kos.
Die direkteur-generaal van die Tesourie, Dondo Mogajane, sê hulle kyk tans na verskeie finansieringsopsies en die volle besonderhede oor hoe die regering vir die entstowwe sal betaal, sal in die begrotingstoespraak bekendgemaak word.
Hy sê egter indien die entstowwe op kort kennisgewing bekom kan word, sal die Tesourie ‘n manier vind om daarvoor te betaal.

Luister na potgooie hieronder