Die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC sal vandag hulle vergadering voortsit

 Die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC sal vandag hulle vergadering voortsit

Die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC sal vandag hulle laaste vergadering van die jaar voortsit.
Talle kwessies onderandere ekonomiese hervorming, die impak van die Covid19-viruspandemie en die gevolglike herstelplan sal bespreek word.
Die eintlike knellende kwessie is die adjunksekretarisgeneraal, Ace Magashule se onlangse hofverskyning in Bloemfontein in die Vrystaat en of hy van sy pos moet afstand doen ingevolge ‘n resolusie wat in 2015 geneem is.
Dieselfde kwessie sal ook bespreek word ten opsigte van ander ANC-lede soos die parlementslid, Bongani Bongo en die KwaZulu-Natalse lid van die wetgewer, Zandile Gumede, wat hofsake teen hulle het.
Die NUK se vergadering eindig môre.

LeandreAdmin@