Die Nasionale Verbruikerskommissie, die NVK, het ‘n beroep op verbruikers gedoen om die gebruik van Knorr se Cup-a-soup-Lite-vleis-en-groentesop dadelik te staak en die pakkies sop terug te neem na die winkel waar dit gekoop is. Die NVK het Saterdag in ‘n verklaring gesê hy is deur die vervaardiger, Unilever South Africa, ingelig dat sakkies van die Knorr Cup-a-soup Regular Beef and Vegetable-kitssop verkeerdelik verpak is in die Knorr Cup-a-soup Lite Beef and Vegetable-kitssop se verpakking. Dit beteken dat verbruikers onwetend ‘n produk kan gebruik wat moontlik dan onverklaarde koring en gluten bevat. Die NVK waarsku dat verbruikers wat vir koring of gluten allergies is, nie die sop moet drink nie, omdat dit ‘n allergiese reaksie kan veroorsaak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×