Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies hou hul eerste sitting na die winter-reses

Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies sal na verwagting die week hulle eerste sittings hê na die winter-reses, en bo-aan die lys is die verkiesing van die nuwe Speaker.

Dit volg nadat Thandi Modise die pos van Minister van Verdediging gekry het, in President Cyril Ramaphosa se skommeling
van sy kabinet.

Luidens berigte het die ANC aangedui dat hy die voormalige Minister van Verdediging en Militêre Veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, gaan benoem om Modise op te volg.

Na verwagting is 43 komiteevergaderings geskeduleer, onder andere sal Die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens die staande komitee oor finansies inlig oor belastingverwante wetgewing.

Luister na potgooie hieronder