Die Nasionale Vervolgingsgesag beplan om reeds vandag vir die uitlewering van die twee Gupta-broers te vra. Rajesh en Atul Gupta is Maandag in Doebai gearresteer en het opslae in Suid-Afrika en in die buiteland gemaak. Die arrestasies van twee Gupta-broers word beskryf as ‘n positiewe stap in die land se strewe na aanspreeklikheid vir staatskaping. Doktor Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het gesê hulle is verheug oor die inhegtenisneming van die Guptas. Volgens hom sien hulle daarna uit dat die Guptas terukom, onder meer om verantwoording te doen vir die honderde miljoene rand wat hulle glo in die Vrystaat gebuit het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×