Die Nasionale Vervolgingsgesag het ontken dat hy enige regsdokumente van Ace Magashule ontvang het

Die Nasionale Vervolgingsgesag, NVG, het ontken dat hy enige regsdokumente van die ANC se geskorsde sekretaris-generaal, Ace Magashule, ontvang het.

Luidens berigte het Magashule die hooggeregshof in Bloemfontein genader om die NVG te dwing om die volle klagstaat van die bedrog- en korrupsiesaak teen hom en sy mede-beskuldigdes bekend te maak.

Dié saak hou verband met die onreëlmatige toekenning van ‘n R255-miljoen tender om asbesdakke in die Vrystaats te verwyder.

Magashule staan saam met elf aangeklaagdes en vyf maatskappye tereg op 70 aanklagte teen hulle.

‘n Voor-verhoor sal na verwagting Woensdag in die Bloemfonteinse Hooggeregshof plaasvind, waartydens ‘n datum vir die saak moontlik vasgestel sal word.

Luister na potgooie hieronder