Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, sê hulle sal nie toegee aan druk om sake wat met staatskaping verband hou, te vervolg nie.
Batohi sê hulle verstaan Suid-Afrikaners wil verantwoordbaarheid vir die beweerde korrupsie in staatskapingverwante sake hê, maar die regstaat moet gevolg word.
SABC News berig Batohi waardeer die druk wat die publiek uitoefen, maar sal nie daaronder swig nie, tensy daar aan al die vereiste standaarde voldoen word.
Intussen sê Judges Matter, die Suid-Afrikaanse organisasie wat op deursigtigheid en aanspreeklikheid in die regbank fokus, die samelewing se vertroue in die regstelsel is onlangs bevraagteken