Die Nasionale Vervolgingsgesag sê sy saak teen die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is waterdig

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê sy saak teen die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is waterdig.

Mkhwebane het vandag vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn op drie aanklagte van meineed.

Dit hou verband met haar omstrede verslag oor die Bankkorp/Absa-sage waar sy na bewering gejok het oor die aantal kere wat sy oudpresident Jacob Zuma besoek het en dat sy die finale verslag met hom gedeel het.

In 2019 het die Konstitusionele Hof bevind dat sy gejok het en bevooroordeeld was oor die ondersoek.

Mkhwebane het reeds aangedui dat sy haar tot die Hooggeregshof sal wend indien die klagte teen haar nie teruggetrek word nie.

Die NVG se woordvoerder, Sipho Ngwema, sê die saak teen Mkhwebane is ernstig en gaan nie bloot net laat vaar word nie.

Luister na potgooie hieronder